Liewe vriende in Jesus onse Here, click here for a pdf version
DAAR IS KORING IN EGIPTE! “En die hele wêreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde. Gen 41:57 Die geestelike hongersnood in ons midde en oor die wêreld, is groter as wat ons dink. In die huis van Jakob was daar groot hongerte alhoewel Jakob se seuns reeds in Egipte by ‘n vreemde Heerser koring gaan koop het, is dit nou boomskraap en die kinders huil om kos. AG AS HULLE MAAR NET GEWEET HET WIE HY IS!!! “En as ons nie so getalm het nie, kon ons nou al twee keer terug gewees het." Gen 43:10. Waarom talm hulle dan? Jakob hou vas aan die vermufte kleed van Josef en weet nie dat sy seun leef en uit die tronk vrygestel en Heerser in Egipte is nie. Sy seuns vrees om na Egipte te gaan want hulle is bang dat hulle hulself teen Josef as slaaf sal vasloop.
O die smartlike onkunde onder ons as kinders van God omdat ons Jesus nie waarlik ken in die krag van Sy opstanding nie!! Die openbaring van wie Heerser, Josef werklik is, wag op sy broers se belydenis en restitusie. Intussen ly Jakob se kleinkinders want die openbaring van wie Josef is moet eers deurbreek in sy broers se harde harte.
“En hulle het opgetrek uit Egipte en in die land Kanaän aangekom by hulle vader Jakob. Toe hulle hom vertel: Josef lewe nog—en dat hy regeerder is in die hele Egipteland—het sy hart beswyk, want hy het hulle nie geglo nie. Maar toe hulle hom al die woorde van Josef te kenne gee, wat hy met hulle gespreek het, en hy die waens sien wat Josef gestuur het om hom te vervoer, het die gees van Jakob, hulle vader, lewendig geword. En Israel het gesê: Dit is genoeg! My seun Josef lewe nog! Ek sal gaan en hom sien voordat ek sterwe. Gen 45:24 -28
O Vriende hoe begeer die dierbare Heilige Gees om Jesus as Here en Meester aan ons hier en nou te openbaar, op ‘n wyse dat ons soos die Emmaus gangers met haas sal gaan en ‘n vars getuienis aan die honger skare gaan oordra. Hoe lank moet ons vriende en bure nog wag voordat ons met ‘n vurige ywer vir hulle van ons verrese Jesus vertel? Ek bid ook saam met jou vir ‘n groter vrymoedigheid om Jesus met ‘n nuwe ywer aan ander mee te deel. “Wie is Hy tog dat die wind en die see Hom gehoorsaam is?
Vanuit die Skrifte het die Here andermaal vir ons gelei en oortuig om na Indie terug te keer. Met Pieter en Janine se getuienis van 2010 het ek die dringendheid van hierdie roeping weereens besef. Hy het dit bevestig deur Paul Grobler van Pretoria op te wek om my te vergesel. Ook het die Here ‘n vriend van Mcgregor verlede week gebruik om hierdie reis deur die Woord te bevestig. Verder het ons verneem dat die Delhi Regering na baie jare die RAP (Restricted Area Permit) van Nagaland verwyder het, daarom vertrek Paul en ek met groot vrymoedigheid daarheen. Sedert 1994 was hierdie RAP ‘n groot struikelblok, nou het die Here dit verwyder.
Hierdie Skrifte leef in my hart. Bid dit asseblief vir Paul en myself terwyl ons vanaf die 26ste Feb tot die 29ste Maart verskeie groepe gelowiges en sendelinge sal besoek. Hou net hierdie verse voor onse Here Jesus wanneer jy vir ons bid.
Bid ook dat ons die geloof sal he soos 2 manne wat in ‘n boot klim om oor n groot meer te vaar. In die boot is 2 roeispane en 1 groot seil. Dat ons die roeispane oor boort sal gooi, die seil sal span en al ons vertroue in die hemelse Wind sal plaas. “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, sê die HERE van die leërskare. Sag 4:6
Kom ons vertel vir elkeen wat ‘n oor het om te hoor waar hulle Koring verniet kan kry!
Dankie weereens vir julle jare lange vasstaan saam met ons in hierdie roeping.
Pieter, Marie, Pieter, Janine en GCM Span
Go to Top
| Back to home page
If you experience problems with this page or have comments, please send e-mail to
Johan Grobler at johan@grobler.co.za
Tel +27 21 674-2211
P.O.Box 17 Bergvliet 7864
South Africa
E-mail to Rev Pieter Vermeulen RevPieter@greatcom.org.za
E-mail to Rev Pieter Vermeulen jr.
DsPieter@greatcom.org.za
E-mail to Mrs Bette Knott admin@greatcom.org.za
Animations supplied by Webpromotion - 3D Web Animation
Web design by C.a.T.S. cc
Comments to Webmaster
Page-Layout Last Updated :
09 Feb 2011
Layout Copyright © 1998-2001 C.a.T.S.cc